Modulekode | ACS 300 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | “Onderrig as Akademiese Diensleer” bied studente die geleentheid om praktiese ondervinding binne ‘n diversiteitskonteks op te doen deur leerders in minder bevoorregte gemeenskappe te onderrig. Studente bied akademiese hulp aan leerders oor ‘n verskeidenheid kulturele, taal- en rassegrense heen as deel van hulle voorbereiding as toekomstige onderwysers. Die doel van die module is om studente se onderwysstrategieë sodanig te ontwikkel dat hulle meer effektief in ‘n multikulturele en multitalige pedagogiese konteks kan funksioneer. Studente kies (binne hulle eie fase en leerarea) ‘n gemeenskapsprojek waar hulle akademiese hulp aan leerders kan bied. Hierdie module is gebaseer op ervaringsleer en is ‘n toepassing van die teoretiese beginsels onderliggend aan die voorgaadse program vir onderwysstudente. |
Modulekrediete | 6.00 |
Programme |
|
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Departement | Geesteswetenskaplike Opvoedkunde |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App